Your Recipe Blog

ALLES-IN-EEN ONTBYTBESKUIT

4 Ure
Cook: 35 - 40 Minute

ALLES-IN-EEN ONTBYTBESKUIT

Foto’s en nota: Wilma Batt
Gebruik ‘n 35 x 40 cm pan indien dit kleiner is sal die beskuite net dikker uitkom.

  • 1 kg bruismeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 10 ml sout
  • 500 ml bruinsuiker
  • 250 ml sonneblomsaad
  • 250 ml lynsaad
  • 125 ml sesamsaad
  • 100 g (250 ml) pekanneute, grof gekap
  • 250 ml hawermout
  • 125 ml droë klapper
  • 500 ml semelvlokkies (all bran flakes)
  • 2 ekstra groot eiers
  • 500 ml karringmelk
  • 500 ml Canola olie
  • Voorverhit die oond tot 180ºC.
  • Voer 2 standaard bakplate met kleefvrye bakpapier.
  • In ‘n baie groot mengbak, meng die bruismeel, bakpoeier, sout, bruinsuiker, sade, neute, hawermout, klapper en semelvlokkies met ‘n houtlepel.
  • In ‘n kleiner mengbak, klits die eiers, karringmelk en Canola olie.
  • Voeg dit by die droë bestanddele en meng goed. Hier het jy ‘n bietjie “elbow grease” nodig, want die mengsel is swaar.
  • Roer totdat daar geen droë dele sigbaar is nie.
  • Verdeel die mengsel gelykop tussen die twee bakplate.
  • Gebruik nat hande om die mengsel eweredig te versprei tot in die hoeke, en druk dit netjies plat (‘n ander opsie is om nog ‘n laag kleefvrye bakpapier bo-op te sit, en ‘n koekroller te gebruik om dit eweredig te versprei deur te plat te rol – verwyder die boonste laag papier voor jy dit bak).
  • Bak die twee panne teen 180ºC vir 35 – 40 minute tot goudbruin. Indien jou oond oneweredig bak, ruil die twee plate om teen halftyd.
  • Verwyder uit die oond en keer versigtig om op draadrakke om af te koel.
  • Gebruik ‘n skerp lang broodmes om die reghoeke op te sny – ek sny dit in drie rye in die lengte, en dan in 2 cm breë vingers.
  • Pak die vingers direk op die oond se draadrakke, effens uitmekaar, en droog uit vir 3 ure teen 90º C (as jy naby die see woon, sal jy dalk jou temperatuur moet aanpas tot 100ºC).
  • Skakel die oond af en maak die deur oop sodat die beskuit kan afkoel.
  • Wanneer dit kamertemperatuur is, pak dit in ‘n groot digsluitende plastiekhouer (ek gebruik ‘n vierkantige 9,5 liter Addis bak en vul dit ongeveer ¾ vol).
  • Die beskuit sal goed hou op die rak vir minstens 4 weke.

Nota:  Wilma Batt
Het nie neute bygesit nie. Ek het platgedruk in 1 van daai beskuitpanne. Net genoeg daarvoor.

Category:

One Review

  1. Marie Steyn

    heerlik. dankie. eet elke oggend 2 na my vrugte vir ontbyt. Baie dankie

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page