Your Recipe Blog

ALLERLEKKERSTE BESKUIT

Cook: 90 min

ALLERLEKKERSTE BESKUIT

Resep en foto: Amanda Austen

  • 7 koppies bruismeel
  • 5 koppies semels
  • 5 ml sout
  • 15 ml lynsaad
  • 1 5 ml sesamesaad
  • 15 ml anys
  • 500 g sagte botter of margarien
  • 60 ml olie
  • 300 ml suiker
  • 3 ekstra groot eiers
  • 500 ml karringmelk
  • melk, opsioneel
  • Voorverhit die oond op 180 ºC.
  • Bespuit ‘n vierkantige oondpan met kleefwerende kossproei.
  • Sif die bruismeel in ‘n groot mengbak en voeg die semels, sout en sade by.
  • Vryf die botter in die meelmengsel in laat dit lyk soos broodkrummels.
  • Klits die olie, suiker, eiers en karringmelk saam en voeg by die droë bestanddele. Meng tot ‘n sagte deeg.
  • As deeg te styf is voeg biejie melk by om ‘n sagte deeg te kry.
  • Skep in oondpan en bak 90 min lank tot gaar. Toets met ‘n toetspen.
  • Laat koud word in die pan en keer uit.
  • Sny in beskuite en droog in oond teen 70 ºC.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page