Your Recipe Blog

ALLERLEKKERSTE BESKUIT

Cook: 90 min

ALLERLEKKERSTE BESKUIT

  • 7 koppies bruismeel
  • 5 koppies semels
  • 5 ml sout
  • 15 ml lynsaad
  • 1 5 ml sesamesaad
  • 15 ml anys
  • 500 g sagte botter of margarien
  • 60 ml olie
  • 300 ml suiker
  • 3 ekstra groot eiers
  • 500 ml karringmelk
  • melk, opsioneel

Voorverhit die oond op 180 ºC.
Bespuit ‘n vierkantige oondpan met kleefwerende kossproei.
Sif die bruismeel in ‘n groot mengbak en voeg die semels, sout en sade by.
Vryf die botter in die meelmengsel in laat dit lyk soos broodkrummels.
Klits die olie, suiker, eiers en karringmelk saam en voeg by die droë bestanddele. Meng tot ‘n sagte deeg.
As deeg te styf is voeg biejie melk by om ‘n sagte deeg te kry.
Skep in oondpan en bak 90 min lank tot gaar. Toets met ‘n toetspen.
Laat koud word in die pan en keer uit.
Sny in beskuite en droog in oond teen 70 ºC.

Resep en foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page