ALLEKRUK/ALLEKREUKEL/PERIWINKLE VOORGEREG
vir ongeveer 4 persone.
- 10 allekreukels, in klein stukkies
- sout en peper na smaak
- 2 teelepels vars knoffel of na smaak
- 125 ml neute (pecan), fyn gedruk
- 1 groot ui, fyn gerasper
- ¾ koppie broodkrummels
- 200 g botter
Maal of sny die allekreukels in klein stukkies en voeg die speserye, uie, knoffel en broodkrummels daarby.
Gebruik ‘n medium grootte pan en smelt die botter daarin.
Wanneer die pan lekker warm is voeg die allekreukelmengsel by.
Braai ‘n paar minute tot die vog in die pan min raak (nie droog) en voeg die neute by. Los vir ‘n minuut.
Bedien op Risotto of Basmati rys.
Resep geplaas deur Jan Salti Viljoen
Foto: Jan Salti Viljoen