“ALL BRAN / SULTANA BRAN” KARRINGMELK BESKUIT
Resep en foto : Yonel Debeer
- 850 g koekmeel
- 50 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 300 ml suiker
- 250 ml sonneblomsaad
- 700 ml – 800 ml All bran /sultana bran flakes, moenie te fyn druk nie
- 400 g botter, gesmelt
- 500 ml karringmelk
- 15 ml vanilla geursel
- Voorverhit oond 180°C. Smeer ‘n oondpan/bakplaat.
- Sif koekmeel, sout, bakpoeier en suiker saam.
- Voeg die All Bran en sonneblomsaad by die meelmengsel.
- Smelt die botter in mikrogolf tot vloeistof, laat effens afkoel, en roer karringmelk en vanilla by.
- Meng die karringmelkmengsel by die koekmeelmengsel met ‘n houtlepel.
- Moenie oormeng of knie nie.
- Druk die deeg liggies in plat die voorbereide pan.
- Sny rou deeg in beskuit blokkies met beskuit drukker of ‘n mes.
- Bak vir 1 uur op 180°C.
- Droog uit op 60°C oornag of 100°C vir 4 ure of tot heeltemal droog.
- Los ‘n lepel in oonddeur vir die stoom om te ontsnap.
Category:












