“ALL BRAN / SULTANA BRAN” KARRINGMELK BESKUIT
- 850 g koekmeel
- 50 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 300 ml suiker
- 250 ml sonneblomsaad
- 700 ml – 800 ml All bran /sultana bran flakes, moenie te fyn druk nie
- 400 g botter, gesmelt
- 500 ml karringmelk
- 15 ml vanilla geursel
Voorverhit oond 180°C. Smeer ‘n oondpan/bakplaat.
Sif koekmeel, sout, bakpoeier en suiker saam.
Voeg die All Bran en sonneblomsaad by die meelmengsel.
Smelt die botter in mikrogolf tot vloeistof, laat effens afkoel, en roer karringmelk en vanilla by.
Meng die karringmelkmengsel by die koekmeelmengsel met ‘n houtlepel.
Moenie oormeng of knie nie.
Druk die deeg liggies in plat die voorbereide pan.
Sny rou deeg in beskuit blokkies met beskuit drukker of ‘n mes.
Bak vir 1 uur op 180°C.
Droog uit op 60°C oornag of 100°C vir 4 ure of tot heeltemal droog.
Los ‘n lepel in oonddeur vir die stoom om te ontsnap.
Resep en foto : Yonel Debeer