ALIDA SE ONTBYT QUICHE
- 1 rol skilferkorsdeeg of broskors deeg
- 5 eiers
- 1 koppie melk
- ham en uie of vulsel van jou keuse
- gerasperde kaas
Plaas die deeg onderin in ‘n gespuite reghoekige oondbak.
Strooi nou alles wat jy as vulsel wil gebruik: ham, uie, ens. in die kors.
Klits die melk en eiers saam en giet dit oor die vulsel.
Strooi laastens genoeg kaas oor.
Bak teen 180ºC vir ongeveer 30 – 40 minute tot goudbruin.
Nota:
Ham en uie kan met enigiets vervang word wat jy in jou kas/yskas het.
Resep en foto: Alida Siebert
Heerlik! Het die volgende vulsel gemaak (met oorskietkos wat in my yskas was) : 1 medium ui opgekap en gebraai, 4 snye ham, halwe koppie mielies gebraai in botter, halwe koppie opgekapte kasjoeneute (cashews), 100g ricotta en walnut pesto en 2 teelepels witsampioensoppoeier
Het x2 kolwyntjiepannetjies (x24) gesprei en bedek met filodeeg