Your Recipe Blog

ALIDA SE “LEMON CURD” – SUURLEMOENSMEER

Avatar photo
Recipe by
| Servings: Ongeveer 750 ml

ALIDA SE “LEMON CURD” – SUURLEMOENSMEER

  • 5 groot suurlemoene se sap en skil, fyn geraper
  • 250 g botter
  • 300 g strooisuiker
  • 4 x groot eiers, geklits

Smelt botter, suiker, zest en sap oor kookwater of bainmarine.
Voeg die gesmelte mengsel straaltjie gewys by eiers terwyl jy klits met draad klitser.
Versigtig vir te vinnig by meng dan kan die eier gaar word.
Sit die vlamengsel terug oor die kookwater en kook totdat die smeer dik genoeg is om die lepel se rug te bedek sonder om af te loop. Pasop dat jou boonste bakkie waarin jy klits nie aan die kookwater in die onderste pot raak nie, dit moet net die stoom kry.
Nota:
Vryf die mengsel deur ‘n sif indien jy nie van die stukkies skil hou nie, en kry ‘n gladde smeer.
Skep in voorbereide flessies en seël dadelik.

Nota – Rina Kleinhans
 Ek het die mengsel deur ‘n sif gevryf nadat dit klaar gekook het, om ‘n heerlike gladde smeer te kry met geen stukkies in nie. Daarna gebottel.
Indien die mengsel nie dik genoeg raak nie, kan mens so bietjie Maizena met bietjie water aanmaak en deurkook, pasop vir te veel, die smeer moet nie te dik wees nie.

Resep geplaas deur Alida Siebert
Foto: Alida Siebert

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page