ALET SE KERRIE EIERGEREG
Ek het met die gereg grootgeword en dit was altyd ‘n groot bederf as my ma dit gemaak het. Tot vandag is ek baie lief vir dit en maak dit gereeld.
- 8 – 10 hardgekookte eiers
- 1 koppie rys, gaar gemaak
- 6 medium uie, opgesny
- olyfolie vir braai
- bietjie water
- Kerriemengsel:
- 1 eetlepel matige of sterk kerriepoeier na eie keuse
- 1 eetlepel borrie
- 2 teelepels bruinsuiker
- ¼ koppie witasyn
- 4 eetlepels appelkooskonfyt
- 1 eetlepel Aromat
- 4 koppies water
Voorverhit oond tot 180°C.
Braai die uie in die olyfolie in ‘n warm diep pan op die stoof.
Meng die kerriemengsel se bestanddele en voeg dit by die uie in die pan.
Kook die mengsel tot die kerrie gaar is.
Pak lae in oondbak: rys, eiers, sous.
Bak dit in die voorverhitte oond vir so 15 minute.
Nota:
Dit is ‘n super vullende maaltyd en heerlik saam met ‘n groenslaai en selfs beet, of sommer net so.
Resep: Alet Schoen Murray