Your Recipe Blog

ALAKOEKIES-FUDGE MET SITRUS

Recipe by
| Servings: 15 blokkies

ALAKOEKIES-FUDGE MET SITRUS

Vandag durf ek toe nou die dorp aan om kruideniersware te gaan koop. Mask and all! Toe dit by die uitpak kom, sien ek die pakkies met die bietjies-bietjies koekies in en dog toe mens kan nie so mors nie. Ek probeer sommer toe my eie resep en dit is heerlik.

  • 2 eetlepels botter, nie gesout
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 250 g koekies (Oreos, Marie beskuitjies en gemmerkoekies)
  • ½ koppie kakao, nie versoet nie
  • 2 teelepels fyn gerasperde lemoenskil

Smeer ‘n bak goed uit met botter. Breek die koekies in kleiner stukkies.
Smelt die botter. Voeg die kondensmelk, kakao en lemoenskil by die botter. Meng goed deur. Laat die mengsel kook vir 3 minute op lae hitte. Meng die gebreekte koekies in die mengsel in. Roer goed deur tot alle koekies bedek is.
Skep uit in voorbereide bak en druk vas.
Plaas in yskas vir 2 ure en sny dan in blokkies.
Geniet 😊

Resep en foto: Natania Malan

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page