“AIR FRYER” SKONS
- 500 ml bruismeel
- 5 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 6 ml olie
- 50 ml melk
- 50 ml koue water
- 1 eier
- 2 ml suurlemoen sap of 25 ml suiker as jy dit soet wil hê
Plaas al die droë bestanddele in bak, meng nat bestanddele in ‘n aparte bak.
Meng die droë bestanddele by die nat bestanddele in en meng goed.
Neem die deeg bol en druk plat druk met hand so 2 mm op werksblad wat met bietjie meel bestrooi is.
Ek het sommer ‘n glas gevat en sirkels uitgedruk.
Sit “Airfryer ” op 200 ºC en bak vir so 10 – 13 min.
Sit so 4 op ‘n slag in om te bak.
Resep en foto: Johan Westenberg