Your Recipe Blog

AIR FRYER SPUR BUFFALO WINGS

AIR FRYER SPUR BUFFALO WINGS

My Air fryer ‘Spur’ buffalo wings. My man sê dis lekkerder as Spur s’n! 😉 Na my onlangse aankope van ‘n air fryer was hierdie beslis een van die eerste dinge wat ek wou probeer. Dis vreeslik maklik en soveel gesonder as die wat in olie gebak word.

Ek het die hoender vlerkies se punte afgesny (ek hou nie daarvan) en hulle middeldeur gesny.
Daarna het ek sout en peper oorgegooi en lekker gemeng.
Volgende was bruismeel. Net genoeg om almal mooi te bedek met ‘n dun laagie.
Sit hulle nou in jou airfryer mandjie en skud meeste meel af soos jy gaan.
Ek het ‘n klein bietjie canola spray en cook oorgespuit. (maak dit ekstra crispy)

Ek het my air fryer gestel op 180ºC vir 25 min. Ek het hulle elke 5 min geskud om seker te maak hulle word eweredig krakerig.
Ek het daarna besluit op nog 10 min net vir ingeval en dit was al. Al moet ek self so sê PERFEK! SUPER CRISPY!

Het dit bedien met Spur se Durky sous (ek sal Woolies se blue cheese slaaisous ook daarmee saam gebruik volgende keer).

Foto en resep: Minette Mirie Vd Westhuizen

2 Reviews

  1. Rudi

    Hi watter maak het jy gekoop ban die air fryer. Ek stel belang om ook so ene te koop

    Star
    • Hi Rudi
      Hier op die blog sal Minette Mirie Vd Westhuizen nie jou vraag sien nie, dalk moet jy haar soek op food lovers recipes en haar direk inbox, anders kan jy ook vir Petre van Jaarsveld inbox ek weet hy het ook een wat hy gebruik. Hoop jy kom reg. Groete Rina

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page