AGTERSTE VOOROM GEROOSTERD BEESROOSTERSTUK –
REVERSE-SEARED BEEF ROAST
- 1 beesroosterstuk bv sirloin van so 1.5 kg
- 50 g sout
- 40 g bruinsuiker
- 20 g gerookte paprika
- 20 g grofgemaalde swartpeper
- 5 g droë tiemie
- 5 g chilli vlokkies
- 10 g geaktiveerde houtskool
Maak ‘n “rub” van al die droë bestanddele en vryf die vleis daarmee in.
Ek sny ‘n snit deur die vleis en werk daar ook van die “rub” in.
Laat staan oornag oop in die yskas.
Sit in ‘n vakuumsak en vra jou vriendelike slagter om dit vir jou te vakuumverseël.
Sit die braaistuk in die vakuumsak op ‘n bakplaat in ‘n koue oond en skakel die oond aan op 60°C.
Laat bak vir so twee ure.
Maak ‘n klein gaatjie in die sak en neem die temperatuur. Jou teiken is 60°C.
Plak die gaatjie toe met sellotape en laat weer bak tot jy op die regte temperatuur is.
Koel in die sak af. Haal die vleis versigtig uit die sak en “pat-dry” met kombuispapier.
Maak ‘n riffelpan rookwarm. Verf die vleis met ‘n dun lagie olie en “sear” al die kante vir 30 – 45 sekondes.
Koel af en sny in dun snye.
Bedien met peperwortel mayonnaise.
Foto en resep: Frikkie Jones