ADRIAN SE TAMATIESOUS FRIKKADELLE IN DIE OOND
- 300 g maalvleis
- 100 g boerewors vleis
- 1 fyngekapte ui
- 1 sny brood
- 2 eiers
- 1 teelepel Oreganum
- 2 teelepels knoffel
- Sous:
- 1 gekapte groen soetrissie
- 1 eiervrug, in blokkies gesny
- 250 g sampioene, in skyfies gesny
- 1 blikkie tamatie en uie
- 70 g tamatiepasta
- sout en peper, na smaak
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle deeglik en vorm balletjies.
Rangskik hulle in ‘n oondbak en bak by 180ºC vir 15 minute.
Meng al die ander bestanddele vir die sous, giet oor die frikkadelle en bak vir ‘n verdere 25 minute.
Nota:
Die boerewors vleis wat bygevoeg word gee ‘n baie besondere unieke smaak aan die frikkadelle.
Resep geplaas deur Adrian Olivier
Foto: Adrian Olivier