ADRI SE DOODGEWONE MELKKOS
Doodgewone melkkos, maar net mooi opgedien, want ons eet mos met ons oë ook.
- 1 blikkie kondensmelk
- 500 ml water
- 1 liter melk
- 125 g botter
- knippie sout
- 250 ml koekmeel
- 5 ml vanilla geursel
Bring die kondensmelk, water, melk, botter en sout tot kookpunt.
Meng die koekmeel met bietjie water en meng saam met die vanilla by die melkmengsel in, roer die hele tyd om klonte te voorkom.
Kook op matige hitte tot dik en gaar.
Dien op met kaneelsuiker.
Nota:
Ek het dit in lae in die glasbekers geskep met kaneelsuiker tussen in.
Foto en resep: Adri Redlinghys