ADELE SE SUURLEMOENSTROOP
Ek het suurlemoenstroop gemaak.
- suurlemoene (soveel om ‘n glasbottel vol te maak)
- suiker
Rasper skil van suurlemoen af (maak suurlemoen peper hiermee) en skil soveel moontlik van die wit af dat daar net ‘n dun lagie oor is.
Sny suurlemoen in dunnerige skyfies.
Neem ‘n glasbottel en voeg eerste ‘n lagie suiker dan pak jy ‘n lagie suurlemoen en druk styf vas.
Herhaal tot die bottel vol is en forseer soveel moontlik in.
Eindig met suiker.
Sit die deksel op en plaas in die yskas.
Laat staan vir ongeveer 3 maande in die yskas.
Die suiker los heeltemal op en dit maak die lekkerste stroop.
Ek gooi dit by sodawater, in souse, in slaaisous ens.
As my bottel begin leeg loop, sit ek net nog suiker by en druk vars nuwe suurlemoene in.
Geniet dit.
Resep en foto: Adele Horn