Your Recipe Blog

ADAM SE VOLSTRUISNEK BREDIE IN DIE STOOMPOT

ADAM SE VOLSTRUISNEK BREDIE IN DIE STOOMPOT

  • 500 g volstruisnek stukke
  • 300 g bredie varkvleis
  • 1 groot gekapte ui
  • 4 medium aartappels, in blokkies blokkies gesny
  • 5 opgesnyde wortels
  • 1 teelepel gedroogde tiemie
  • 1 teelepel gedroogde oreganum
  • 2 teelepels gerookte paprika
  • 1 teelepel gewone paprika
  • 5 kruie naeltjies
  • sout en peper na smaak

Braai die uie in ‘n klein bietjie olie in die stoompot tot dit begin sag word en voeg die vleis daarby. Braai die vleis oor lae hitte sonder om te roer tot dit begin karameliseer (amper op aanbrand stadium).  Roer die vleis nou sodat die bokante onder kom en voeg die uie by. Herhaal die proses en sodra dit goed aan die ander kant gebraai is, voeg ‘n klein bietjie water by.  Krap die ligte aanbrandsel op die bodem van die pot los en laat dit verder op hoër hitte kook tot die water verdamp het en dit weer begin braai.
Voeg nou al die kruie en speserye by, behalwe die sout en roer goed sodat al die vleis behoorlik daarmee bedek is.  Giet ‘n halwe koppie water by en seël die stoompot.   Laat die stoom opbou oor matige hitte en laat dan vir 20 minute stoom oor lae hitte.
Laat die pot afstoom na die 20 minute, haal die deksel af en voeg die wortels en nog ‘n bietjie water by indien die water baie laag is.  Bedek met ‘n ander groot gewone potdeksel en laat prut vir ongeveer 10 minute. Voeg nou die aartappels en die sout by en laat verder prut tot die aartappels sag is. Hou die vloeistof vlak dop, maar moenie te veel water byvoeg nie. Jy maak ‘n bredie, nie sop nie.
Bedien op ‘n stysel van jou keuse.

Nota:
Jy kan die paprika, naeltjies en kruie vervang met kerrie en cumin om ‘n lekker kerrie gereg te maak.  Dan sal ek egter die water verminder en ‘n blikkie tamatie en uiesmoor byvoeg.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

2 Reviews

  1. blackieSwart.

    firly easy to do,didit from my wheelchair,tastedverygood, ate2nealsfrom it’ hoghly recomendable tnx adam, will tri thecurry +tamato aswellBlackieOudtshhorn.

    Star
  2. Blackie

    Thank you Adam, was ableto prepare our groot voels from my wheelchair and got 3nicemealsfrom is. gpnna trythecurryandtomato aswell

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5