Your Recipe Blog

ADAM SE VINNIGE GROENTEGEBAK

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 30 tot 35 min

ADAM SE VINNIGE GROENTEGEBAK

Resep en foto: Adam Cloete
Vir daardie oomblik dat jy besef jy sal nou vinnig ‘n plan moet maak met ‘n ekstra bykos. ( Die hoeveelheid van die groente kan aangepas word vir die grootte van die gereg wat jy benodig)

  • 4 medium wortels, sag gekook
  • 4 groot zucchinis (baby marrows) amper sag gekook
  • 250 g gevriesde mielies vir so 3 minute gemikrogolf
  • ½ groot soetrissie (of een kleintjie) in stukkies gesny
  • 1 groot tamatie in dun skywe gesny
  • 2 eetlepels mayonnaise
  • 3 eetlepels jogurt
  • 1 pakkie Knorr “creamy garlic” souspoeier
  • 1 eier
  • sout en peper na smaak
  • ‘n handvol Cheddar kaas gerasper
  • Sny die wortels en zucchinis in dun lengte skywe van ongeveer 4cm lank en pak dit in lae in ‘n oondbak dat hulle oorvleuel.
  • Strooi die mielies daaroor en rangskik dan die soetrissie stukkies bo-op en laastens die tamatieskywe.
  • Geur met sout en peper.
  • Meng die mayonnaise, jogurt, souspoeier en eier goed saam en giet oor die groente. Sprinkel die kaas oor.
  • Bak in die oond by 180ºC vir ongeveer 30 tot 35 minute.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page