ADAM SE PERSKEPIEKELS
Resep en foto: Adam Cloete
Hier is die beloofde perskepiekel resep.
- 1 kg taaipitperskes soos Yello Cling wat nog nie te sag is nie.
- 500 g suiker
- 1 teelepel sout
- 500 ml witasyn
- 1 eetlepel allspice korrels
- 8 kruienaeltjies
- 6 kaneelstokkies
- Skil die perskes en sny in kwarte van die pit af.
- Verhit en roer die suiker, sout en asyn in ‘n kastrol. Voeg die allspice, naeltjies en kaneel by.
- Verhit tot kookpunt en roer gedurig om die suiker op te los. Voeg die perskekwarte by en kook liggies vir 20 – 30 minute tot die perskes sag maar nog ferm is.
- Verwyder van die hitte en skep die perskes in ‘n skoon warm fles.
- Bedek met die stroop en verseël.
- Beste om te laat staan vir ten minste 2 weke voor gebruik.

