Your Recipe Blog

ADAM SE OONDGEBAKTE GEPLUISDE VARK- EN BEESVLEIS BRAAIPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20-30 min

ADAM SE OONDGEBAKTE GEPLUISDE VARK- EN BEESVLEIS BRAAIPASTEI

  • 500 g bees bredievleis
  • 500 g vark bredievleis
  • 1 gekapte ui
  • 250 g gevriesde groente
  • 250 g gekapte sampioene
  • 1 beesaftreksel blokkie, opgelos in ‘n koppie kookwater
  • 1 teelepel tiemie
  • 5 heel kruienaeltjies
  • sout en peper na smaak
  • 2 rolle gevriesde pofdeeg

Braai die uie in ‘n klein bietjie olie in ‘n stoompot tot sag en voeg die vleis daarby. Braai die vleis saam met die uie oor medium hitte tot dit goed verbruin is aan alle kante. Laat dit goed karameliseer (amper aanbrand) en voeg bietjie van die aftreksel by. Laat verder karameliseer en potbraai verder tot daar ‘n taai donker sousie onder in die pot is. Blus (deglaze) die bodem van die pot met die res van die aftreksel en skraap die vaste stukkies vleis van die bodem los. Maak die pot toe en stoom vir 30 minute.
Laat die vleis effens afkoel en haal enige bene uit. Die vleis behoort baie sag te wees so pluis dit uit met ‘n vurk om ‘n fyn vleis mengsel te maak.
Braai die sampioene in die vloeistof wat in die pot oorbly en voeg dan die gevriese groente by. Die water in die groente behoort genoeg te wees om die groente en sampioene vir 5 minute saam te prut. Voeg die fyn vleis by en roer goed deurmekaar. Voeg bietjie sout by indien nodig asook peper indien so verkies.
Rol die velle deeg uit tot die verlangde grootte en skep die vleismengsel op die een vel. Bedek met die ander laag en verseël om die kante.
Plaas die pastei op die oond se roosterrak wat goed met olie gesmeer is, bekwas met geklitste eier en bak in die oond by 190ºC vir ongeveer 20 tot 30 minute tot die deeg opgepof en goudbruin is.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page