Your Recipe Blog

ADAM SE LEWER- EN WORSPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 50 tot 60 min. + 20 min.

ADAM SE LEWER- EN WORSPASTEI

  • 400 g lewer
  • 400 g wors van jou keuse (ek het boerewors gebruik)
  • 100 g ontbytspek
  • 1 ui
  • 3 eetlepels koekmeel
  • 2 eiers
  • 2 eetlepels sherry
  • ½ teelepel neutmuskaat poeier
  • sout en peper na smaak
  • 1 rol gevriesde pofdeeg (of die deeg van jou keuse)

Sny die lewer en spek is stukkies en maal dit, of maak dit fyn in ‘n voedselverwerker. Kerf die ui klein op, en maal of verwerk dit saam met die lewer en bacon wat vir ‘n tweede keer deur die meul of voedselverwerker gaan. Haal die worsvleis uit die omhulsel uit en meng dit met die lewer en spek.
Voeg die eiers, sherry, neut, meel, sout en peper by en meng baie deeglik deur.
Gooi uit in ‘n broodpannetjie, wat met bakpapier uitgevoer en met nie-kleefmiddel gespuit is, bedek met foelie en bak by 180ºC vir 50 tot 60 minute.
Hou maar dop na 45 minute aangesien oonde verskil (Sien nota).
Wanneer dit goed styf is, haal uit die oond en laat afkoel vir ongeveer 15 minute.
Rol intussen die deeg uit sodat dit groot genoeg is om heeltemal om die lewerbroodjie te vou. Keer die broodjie versigtig uit op die deeg en vou dit toe.
Bekwas dit met geklitste eier en bak verder by 200ºC vir ongeveer 20 minute tot die deeg goudbruik en gepof is.

Nota:
Die tyd wat ek aangee was vir my gasoond. Dit kan heelwat verskil in ‘n ander gasoond of elektriese oond.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5