ADAM SE LEKKER FRIKKADELLE
- 500 g beesmaalvleis
- 500 g varkworsies uit die “casing” gehaal
- 1 koppie broodkrummels
- 2 eiers
- 1 eetlepel gemengde jeera en koljanderpoeier
- 2 eetlepels gedroogde origanum
- 1 eetlepel fyn knoffel
- sout en peper na smaak
- koekmeel
Meng die maalvleis en worsvleis en voeg al die ander bestanddele by.
Meng baie goed deur, maak toe en laat ten minste 1 uur staan in die yskas.
Rol eetlepels vleis in bolletjies, rol in koekmeel en bak in vlak olie tot gaar.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete
Category: