Your Recipe Blog

ADAM SE KERRIE SEEKOS VETKOEK

ADAM SE KERRIE SEEKOS VETKOEK

Toe ek vir ‘n vriend noem dat ek vir ons gaan vetkoek maak met…..toe voltooi hy die sin met “…kerrie maalvleis”. Net waar hy sy fout gemaak het. Ek was nie lus vir die gewone voorspelbare nie. Ek was lus vir kerrie seekos vetkoek.  Vir die vinnige vetkoek, gebruik ek hierdie resep:
http://www.foodloversrecipes.com/2016/02/vetkoek-sonder-gis-warm-water/

  • 700 g gemengde seekos (gevries)
  • 1 opgekapte ui
  • 2 teelepels kerriepoeier (sterkte en soort van jou keuse)
  • 1 teelepel komyn poeier
  • 2 eetlepels vrugte blatjang
  • sout na smaak

Ontdooi die seekos en laat goed dreineer.  Braai die uie in ‘n klein bietjie olie tot dit begin verkleur. Voeg die seekos by en roer goed deurmekaar.  Voeg die kerrie, komyn, blatjang en sout by en roerbraai vir ongeveer 10 minute.
Bedien saam met die vetkoeke as vulsel.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page