ADAM SE HOENDER-TAMATIESOP IN DIE STOOMPOT
- 3 hoenderborsies
- 6 tamaties, fyngemaak in die voedselverwerker
- 1 blikkie gekapte tamaties
- 250 g 4 in 1 droë sopmengsel
- 1 bossie sopseldery of 3 stingels tafelselderye, opgekap met blare
- 1 opgekapte ui
- 1 opgehoopte lepel gerookte paprika
- sout en peper na smaak
Stoom die hoenderborsies in die stoompot saam met die sopmengsel en 2 liter water vir 15 minute.
Haal die borsies uit en voeg die uie, seldery en tamaties by die sopmengsel in die stoompot.
Laat stoom vir nog 15 minute.
Haal intussen die hoender van die bene af en breek of sny in stukkies.
Wanneer die sopmengsel die tweede keer klaar gestoom het, voeg die hoender, paprika en sout en peper by, saam met nog ‘n koppie water, roer deeglik en laat prut vir nog 15 minute.
Roer nou en dan, want die sop het ‘n redelike dik tekstuur en kan effens vasbrand aan die bodem van die pot.
Resep en foto: Adam Cloete












