AB SE VETKOEK HAMBURGERROLLETJIE
Ek het vanaand die gemaak, heerlike tuisgemaakte hamburger vetkoek bun mix. Jy bak hom soos ‘n bun en hy proe soos ‘n vetkoek en maak mens vinnig versadig.
- 4 koppies bruismeel
- 500 ml volroom gewone jogurt
- 1 teelepel sout
- 5 eetlepels suiker (net vir soet smakie)
Meng die meel, jogurt, sout en suiker saam. Maak ‘n deeg soos vetkoek deeg, rol dit uit en druk met ronde drukker uit. Pak in oondpan wat gespuit is met “Cook a Spray”.
Klits 1 eier met ‘n vurk en smeer dit met ‘n kwas op die ronde deeg.
Plaas in die voorverhitte oond by 180ºC en bak vir 25 tot 30 min tot mooi bruin en toetspen skoon uitkom.
Nota:
Ek het dit ‘n middelslag koffie blik groote gemaak en so 30 uitgekry.
Jy kan die deeg balletjies ook rol as jy wil.
Ek het sommer ham en kaas gemaak.
Foto en resep geplaas deur Abraham Burger Tinderholm