Your Recipe Blog

AARTAPPELSOP

AARTAPPELSOP

  • 6 repe rou spek, in klein stukkies gesny
  • 3 eetlepels botter
  • 1 medium ui, gekap
  • 3 knoffelhuisies, fyn gemaak
  • ⅓ koppie koekmeel
  • 1.15 kg aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 4 koppies hoenderaftreksel
  • 2 koppies melk
  • ⅔ koppie room
  • 1 ½ teelepel sout
  • 1 teelepel gemaalde swartpeper
  • ¼ – ½ teelepel rooipeper, indien verkies
  • ⅔ koppie suurroom
  • Garnering:
  • gerasperde Cheddar kaas
  • fyn gedroogde grasuie
  • gebraaide spek

Plaas spekstukkies in die pot waarin die sop gemaak word en braai tot gaar en bros. Skep gaar spek uit en plaas eenkant, maar behou die vet in die pot.
Voeg die botter en gekapte uie by die vet en braai uie tot gaar en sag. Voeg die fyn knoffel by en braai vir plus minus 30 sekondes. Sprinkel die koekmeel oor die bestandele in die pot en roer tot glad.
Voeg die aartappelblokkies, hoenderaftreksel, melk, room, sout, swartpeper en rooipeper by die uie mengsel in die pot en roer goed.
Bring tot kookpunt en kook totdat die aartappels sag is.
Verwyder die pot van die plaat en maak sop fyn in ‘n voedselverwerker of gebruik ‘n versapper. Plaas terug op plaat en voeg suurroom en spek by en roer goed.
Laat sop vir 15 minute prut voor opdiening.
Strooi kaas, grasuie en spek bo-oor vir garnering en geniet

Resep geplaas deur Alta de Wet
Foto: Alta de Wet

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page