AARTAPPEL “CRISPS” IN DIE OOND OF LUGBRAAIER
“Ontbyt vir aandete, ons gunsteling!” Bedien saam met ‘n sagte eier, wors en ‘n roosterbroodjie, of net soos jy verkies.
- 2 – 3 mediumgrootte aartappels, in dun skyfies gesny
- 1 eetlepel olyfolie
- 1 koppie witasyn
- gemaalde swartpeper en sout, na smaak
- ander geurmiddels, na smaak
Plaas die skyfies en asyn in ‘n bak sodat dit bedek is en laat vir ‘n halfuur staan.
Dreineer die asyn. Moenie afwas met water nie.
Meng die olyfolie en skyfies in ‘n bak en sprinkel die peper op en meng goed.
Plaas die skyfies op foelie wat gespuit is op ‘n bakplaat gepak of lugbraaier bak.
Oond metode:
Sprinkel die sout en geurmiddels oor na smaak.
Bak in ‘n voorverhitte oond vir omtrent ‘n halfuur op stadige roosterstelling tot mooi goudbruin en bros.
Lugbraaier metode:
Bak op 160 °C vir 15 minute aan ‘n kant of tot gaar.
Braai dan teen 200 °C sowat drie minute aan ‘n kant of tot mooi bruin en krakerig.
Oond metode: Gideon Louw
Lugbraaier metode en foto: Elize de Kock