AARTAPPELKROKETTE IN LUGBRAAIER
Ek het vanaand vir ons aartappel krokette van oorskiet kapok aartappels gemaak in my airfryer, wat ek saam met sirlion en ertjies bedien het.
Ek kon net ‘n foto van die krokette met ertjies neem. Ons krag was af.
- 3 koppies kapokaartappels
- 2 eiers
- 2 wiele Fetakaas, gekrummel
- 15 ml “roasted veggie bake”
- 30 ml koekmeel
- broodkrummels
Meng al die bestanddele saam behalwe die broodkrummels.
Vorm krokette en rol in die broodkrummels.
Plaas vir 30 min in die vrieskas.
Sprinkel olyfolie oor.
Bak vir 4 min in airfyer by 200°C, na 4 min draai die krokette om en bak vir ‘n verdere 4 min.
Resep en foto: Elna Erasmus
Haai Elna, ek en vroulief het gisteraand probeer om die krokette te maak, maar ons deeg was te slap om enigiets daarmee te maak. Ons mash dink ek was te pap, want ons maak dit aan met ‘n bietjie melk. Ons het dit toe in die yskas gelos vir 24 uur in die hoop dat die deeg sal stol. Bietjie maizena bygesit. Vanmiddag was die deeg steeds te slap. Nog ‘n aartappel opgekook en mash daarvan gemaak en by die mengsel gesit. Ook sommer bietjie broodkruimels in die deeg gesit. Steeds te slap! Ons besluit toe om die deeg soos oliebolle in olie te bak. Baie lekker uitgekom. Ons sal jou resep weer probeer, maar ons mash gaan geen melk in kry nie!