AARTAPPELKOEKIES MET KAAS
Verhit oond tot 180 grade ºC.
- 3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
- fyn gerasperde Cheddar kaas
- 4 groot eiers
- knoffel, pepper en sout na smaak
- 1 bossie sprietuie, fyn gekerf
Kook aartappels tot sag, dreineer water en maak lekker fyn. Klits die eiers goed en gooi saam met res van bestanddele by aartappels in.
Skep eetlepels vol beslag op ‘n voorafgesmeerde (ek het spray & cook opgespuit) bakplaat. Los spasie tussen elke hopie, want dit rys effens. Bak vir ongeveer 20 minute en tot goudbruin.
Nota:
Met die sprietuie en ekstra eier by proe dit baie soos quiche. Behoort selfs nog lekkerder te wees die volgende dag. Glad nie olie getrek soos wat dit in ‘n pan gebak met olie op stoof, sou doen nie.
Foto en resep: Christelle van Rooyen