AARTAPPELKOEKIE EN MAALVLEISGEREG IN DIE PRUTPOT
- 1 pak gewone grootte, of mini aartappelkoekies
- 1 ½ koppie gevriesde groenbone
- 1 koppie pitmielies (blikkie of gevries)
- 1 ui, gekap
- 1 knoffelhuisie, gekap of gerasper
- 500 g maalvleis
- 1 blik sampioenroomsop
- 40 ml Worcestershire sous
- 125 ml melk
- sout en peper, na smaak
- 1 ½ koppie gerasperde kaas
Spuit of smeer die bak van die prutpot met olie. Pak ‘n laag aartappelkoekies op die bodem (sny van hulle om in te pas). Plaas groenbone bo-oor die aartappelkoekies en sprinkel bietjie sout oor.
Sprinkel die mielies bo-oor die groenbone en pak nog ‘n laag aartappelkoekies bo-op.
In ‘n pan, braai die ui en maalvleis tot bruin. Voeg die res van die bestanddele (behalwe die kaas) by, en laat opkook.
Skep dit alles oor die aartappelkoekies en groente in die prutpot.
Kook vir 3 – 4 ure op hoog, of 5 ure op laag.
Sprinkel kaas na 2 ure bo-oor.
Bedien warm met ‘n groenslaai, of soos verkies.
Nota:
Hierdie is die basis resep. Verder kan jy groente en geurmiddels bysit of weglaat nes jy wil.
Hoeveel porsies: afhangende hoeveel mense eet etc, minstens 5 – 6 porsies met ‘n slaai of groente by. Slaai en knoffelbrood of ‘n bun-nog meer. Behalwe as jy seuns het-dan eet hulle dalk die bak ook!
Resep geplaas deur Ilze Jacobs
Foto: Ilze Jacobs