Your Recipe Blog

AARTAPPELBOMME MET MAALVLEIS

AARTAPPELBOMME MET MAALVLEIS

Foto en resep: Zita Harber

  • 3 medium aartappels
  • 300 g maalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 eetlepel botter
  • sout, peper, gemengde kruie na smaak
  • 1 teelepel knoffel
  • 1 koppie gerasperde Gouda of Mozzarella kaas
  • 2 koppies witsous
  • Maak die aartappels vir so 8 minute in die mikrogolf gaar. Prik gaatjies in die vel, smeer met bietjie olie, sprinkel met sout en peper en bak vir ongeveer 20 minute teen 180 °C.
  • Haal uit die oond om af te koel en sny dit in die helfte deur. Hol die helftes uit en maak die “aartappel vleis” fyn.
  • Meng dit met 1 eetlepel kaas, die botter, die helfte van die ui, en sout en peper na smaak. Versprei dit op die bodem van ‘n oondvaste glasbak.
  • Meng die maalvleis met die ander helfte van die ui, die knoffel, sout, peper en speserye.
  • Vul die uitgeholde aartappels met die maalvleismengsel en plaas dit onderstebo op die kapokaartappels in die glasbak.
  • Voeg die witsous eweredig oor die aartappels en sprinkel met die oorblywende kaas.
  • Bak teen 180 °C tot goudbruin, dit vat so 20 – 25 minute.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page