AARTAPPELBALLETJIES
- 3 medium aartappels
- 1 eetlepel gekapte pietersielie
- 2 eetlepels grasuie, groen en die ui kant fyn gesny
- ½ koppie gebraaide spek, of enige gekapte koue vleis
- ½ koppie Maizena
- sout en pepper na smaak
Meng al die bestanddele tot ‘n stywe deeg, maak balletjies bietjie groter as golf bal grootte.
Bak in ‘n pan in warm olie, nie diep olie nie, tot bruin.
Haal uit en sit op kombuis papier om te dreineer.
Ek gaan kleiner maak vir my platters en so 3 op ‘n “skewer” ryg met iets tussen elke een.
Hier kom geen eier of melk of meel by nie.
Ek het so 13 uitgekry.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk