AARTAPPEL POTJIE
- 1 kg pakkie baba aartappels
- 250 g pakkie sampioene
- ½ pakkie wit uiesoppoeier
- 1½ koppie kookwater
- 1 ui, opgekap
- 250 g spek stukkies
- 500 ml room
- 1 pakkie baba mielies
- vars knoffel, uitgedruk
- fyn gerasperde kaas, Cheddar en Haloumi
Braai uie en knoffel saam in ‘n bietjie olie in ‘n swart potjie tot sag en deurskynend.
Voeg sampioene en spek by en braai alles tot bruin.
Voeg baba mielies en aartappels by.
Maak ‘n pasta van die soppoeier en bietjie koue water en meng met die kookwater, voeg by en laat vir ongeveer 30 minute kook met deksel op.
Na 30 min voeg 250 ml room by.
Draai hitte af en kook vir 60 min.
Voeg kaas by en roer deur.
Voeg weer 250 ml room by en kook tot gaar.
Foto en resep: Cecil Dunhin