Your Recipe Blog

AARTAPPEL MUFFINS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 min | Servings: 4 groot muffins

AARTAPPEL MUFFINS

Resep en foto: Rina Kleinhans
Ek het weer vandag die laaste bietjie “oorskiet” in die yskas gebruik om iets mee te maak, want ek hou nie daarvan om enige kos weg te gooi nie.
Dit is wat ek gebruik het vir hierdie heerlike muffins. My resep het net 4 groot muffins gemaak, want dit is al wat ek gehad het, maar as jy meer kapokaartappels oor het kan jy die resep maklik aanpas.
  • 1 koppie klaar gaar kapokaartappels
  • 1 koppie koue gaar hoendervleis of enige vleis wat jy het, selfs ham sal goed werk
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • 2 geklitste groot eiers
  • 1 koppie bruismeel (ongeveer)
  • ¼ koppie semels
  • ½ teelepel bakpoeier
  • sout, peper en paprika na smaak
  • Voorverhit die oond tot 220ºC sonder waaier of 200ºC met waaier.
  • Klits die eiers en hou eenkant. Meng die kapokaartappels, vleis, kaas en semels saam.
  • Voeg die eiers by en meng goed deur.
  • Sit die bruismeel by en meng goed, indien die deeg nog te slap is, sit nog bietjie bruismeel by. Die deeg moet redelik styf wees, maar nog met ‘n lepel geskep kan word.
  • Voeg die smaakmiddel en die bakpoeier by, meng deur en skep in ‘n voorbereide muffin pan. Moenie plat druk nie, dit kan maar ‘n growwe bo-kant hê.
  • Bak vir ongeveer 20 min tot die toetspen skoon uitkom.
  • As gevolg van die kapokaartappels is die tekstuur heerlik sag, so laat staan ‘n rukkie voordat dit uit die pan gehaal word.
  • Nota:  Indien jy baie kapokaartappel het, kan jy die vleis weg laat.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page