Your Recipe Blog

AARTAPPEL KROKETTE

AARTAPPEL KROKETTE

  • 500 ml kapokaartappels
  • 1 middelslag ui, fyn gekap
  • 4 pepperdews, fyn gekap
  • 20 ml mosterdpoeier
  • 10 ml droë rissie vlokkies
  • 20 ml Italiaanse kruie
  • 1 pak repies spek, opgesny in fyn stukkies
  • 500 ml gerasperde Cheddar kaas
  • 100 ml koekmeel
  • 2 knoffel huisies, fyn gekap
  • sout en peper na smaak
  • melk
  • broodkrummels

Meng al die bestanddele behalwe die melk en broodrummels deeglik saam.
Laat rus die mengsel in die yskas vir so 30 min.
Rol die mengsel in gholfbal groote balletjies.
Rol die balletjies in die melk, dan in broodrummels en dan weer terug in die melk en laastens weer in broodkrummels.
Die dubbele lagie wat mens doen verhoed dat die kaas nie uitbraai as jy dit gaar maak nie.
Bak die krokette in matige diep olie tot goud bruin.

Resep  en Foto: Ilona Turner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page