Your Recipe Blog

AARTAPPEL EN WORSIES SKOTTELGEREG

AARTAPPEL EN WORSIES SKOTTELGEREG

  • 10 vark worsies
  • olie
  • 1 groen soetrissie
  • 1 rooi soetrissie
  • 1 medium ui
  • 1 teelepel fyn (crushed) knoffel
  • 6 groot aartappels
  • 2 hoenderblokkies
  • speserye na smaak

Voorverhit oond tot 180 ºC.
Smeer oondbak met olie.
Halveer worsies en braai tot bruin op die stoof in bietjie olie. Skep uit en hou eenkant.
Skil aartappels en halveer. Kook effens vooraf en plaas in bak.
Voeg grof gekerfde rissies, uie en knoffel by. Maak hoenderblokkies aan in ‘n koppie kookwater en voeg by.
Maak toe met foelie, plaas in die oond en laat bak tot alles gaar is.
Haal foelie af en sit worsies by. Braai vir 5 minute of tot alles mooi warm is.
Haal uit die oond en bedien saam met rys of na smaak.

Resep en foto: Deidré Pritchardt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5