AARTAPPEL- EN UIEKOEKIES
Resep geplaas en foto: Lisinda Blaauw
- 1 eetlepel (15 ml) bruinsuiker
- 1 eetlepel (15 ml) Balsamiese-asyn
- 1 eetlepel (15 ml) rooiwynasyn
- 1 rooi ui, in ± ½ cm ringe gesny
- 3 medium aartappels, gerasper
- 2 teelepels (10 ml) roosmaryn, grof gekap
- 1 groot eier, liggies geklits.
- 2 eetlepels (30 ml) botter, gesmelt
- Sout en swartpeper na smaak
- Verhit die oond tot 180°C.
- Spuit die holtes van ‘n medium muffinpan met kleefweerde sproei.
- Meng die bruinsuiker en asyn saam in ‘n mengbak en verdeel die mengsel tussen elke muffinpan-holte. Plaas ‘n uiering in elke holte.
- Meng die aartappel, roosmaryn, eier en botter saam en geur goed met sout en swartpeper.
- Skep genoeg van die aartappel bo-op om elke uiering te bedek en gebruik die agterkant van ‘n lepel om dit effens vas te druk.
- Bak vir 20-25 minute of tot die aartappel goudbruin en gaar is.
- Gebruik ‘n mes met ‘n dun lem om die rante los te maak.
- Keer uit en bedien warm saam met spek en roereiers of soos verkies.

