AARTAPPEL- EN SAMPIOENGEREG
Die alombekende aartappel gereg bly darem maar net ‘n wenner. Ek weet daar is legio variasies, maar vandag het ek sommer net die eenvoudige een gemaak.
- 6 groot aartappels
- ½ pakkie sampioene, gekerf
- songedroogte uie
- 1 pakkie wit uiesoppoeier
- 250 ml room
- fyn pietersielie
Kook die aartappel tot net begin sag word, trek die skille af en sny in lekker dikkerige skywe.
Pak 3 aartappels onder in die bak, sprinkel genoeg sampioene oor die aartappels, sprinkel songedroogte uie oor.
Meng die wit uiesoppoeier met die room en giet eweredig oor die aartappels.
Pak die ander drie aartappels se skywe bo-oor, sprinkel bietjie pietersielie oor, druk die boonste aartappels so effens in die room in en bak in die oond by 170 ºC tot die room lekker deur alles gekook het en die kleur mooi verbruin het bo-op.
Heerlik saam met enige braai vleis of boudvleis.
Foto en resep: Rina Kleinhans
Heerlike resep kan aan beveel