AARTAPPEL- EN KAASWORSIEPEUSELHAPPIE
Ek het Saterdagaand die ekspriment getraai en dit was baaie lekker.
Die hoeveelhede van die bestanddele is na gelang van hoeveel porsies jy verlang.
- baba aartappels, afgewas
- sout en peper na smaak
- kaasworsies
- blatjang
Druk ‘n gaatjie deur die aartappel met ‘n appelboor of ek het ‘n stukkie 20 mm pvc pypie gebruik.
Kook die aartappels saam met die uitgedrukte stukkies in ‘n pot met bietjie water vir 15 min.
Verwyder van die hitte, dreineer die water en laat staan om af te koel.
Sprinkel sout en peper oor die aartappels na smaak.
Druk ‘n kaasworsie in die gaatjie van die aartappel.
Gebruik ‘n kwassie en smeer die aartappel en worsie reg rondom met ‘n bietjie blatjang.
Braai die aartappel en worsies in ‘n toeklaprooster op matige kole tot mooi gekleurd.
Ek wou nog spek ook omdraai, maar ek kan nie al my resepte op een aand uitblaker nie, maar hierdie was baie lekker.
Nota:
Ek’t die uitgedrukte stukkies op ‘n sosatie stokkie geryg en sommer ook oor die kole gebraai met ‘n bietjie sout en peper oor.
Resep en foto: Gideon Louw