AARTAPPEL EN BILTONG HAPPIES
- 2 koppies fyn kapokaartappels
- 80 ml melk
- 125 g fyn biltong
- 125 g gerasperde Cheddarkaas of kaas van eie keuse
- 1 eier
- Ekstra:
- eier
- broodkrummels
- kookolie
Meng al die bestanddele saam en vorm balletjies, bietjie groter as okkerneutballetjies.
Klits nog ‘n eier en doop die balletjies daarin en dan in broodkrummels.
Laat staan vir 20 min in die vrieskas.
Verhit kookolie en braai die balletjies tot goudbruin.
Resep en foto: Elna Erasmus