AARTAPPEL “CRISPS” IN DIE OOND
- Twee of drie medium groot aartappels, in dun skyfies gesny
- 1 eetlepel olyfolie
- 1 koppie wit asyn
- Gemaalde swart peper en sout na smaak
Gooi die skyfies en asyn in ‘n bak sodat dit bedek is en laat vir ‘n half uur staan.
Dreineer die asyn.
Meng die olyfolie en skyfies in ‘n bak en sprinkel die peper op en meng goed.
Plaas die skyfies op foelie wat gespuit is met “spray and cook” op ‘n bakplaat gepak.
Sprinkel nou sout oor na smaak en bak in ‘n voorverhitte oond vir omtrent ‘n half uur op stadige grill tot mooi goudbruin en bros.
Foto: Gideon Louw
Baie lekker dankie. Grill setting 5, vir 30 minute gemaak, ek kook mos met my horlosie.