Your Recipe Blog

AARBEIKOEK

Recipe by
Cook: 30 min

AARBEIKOEK

  • 50 g margarien
  • 375 ml stooisuiker
  • 4 groot eiers
  • 750 koekmeel
  • 125 ml aarbeimoes (gemaak van vars aarbeie)
  • 125 ml bessiesap (ek het by ww gekry)
  • 250 drinkbare aarbei jogurt (ww)
  • 25 ml bakpoeier

Voorverhit die oond tot 180°C.
Voer 2 koekpanne (20 cm) met bakpapier of liggies gesmeerde botterpapier uit.
Klits margarien en strooisuiker tot lig en donsig.
Voeg eiers 1 vir 1 by en klits goed na elke byvoeging.
Sif droë bestanddele saam en vou om die beurt met aarbeimoes, sap en jogurt by eier-bottermengsel in.
Skep beslag in koekpanne en bak vir 30 minute.
Laat koeke heeltemal afkoel voordat dit versier word.

  • Versiersel:
  • 125 g margarien
  • 500 ml versiersuiker
  • 75 ml aarbei jogurt
  • 25 ml suurlemoensap

Klits margarien en versiersuiker tot lig van kleur.
Klits jogurt en suurlemoensap by.
Meng goed deur.
Smeer kwart van versiersel tussen die twee lae en ‘n kwart op boonste laag.
Plaas die res in ‘n spuitbuis en versier die koek na smaak.

Resep en foto: Susan Lockem

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page