AARBEIKAASKOEK
- 1 rolkoek (swissroll)
- 1 houer fyn maaskaas (230 g)
- 1 blik kondensmelk
- 1 blik ingelegde aarbeie
- ½ suurlemoen se sap (ongeveer 100 ml)
- 12.5 ml vlapoeier
- 5 ml suiker
Kook stroop van ingelegde aarbeie.
Maak vlapoeier en suiker aan met bietjie water en voeg by, kook deur en laat af koel.
Neem die rolkoek, sny in skywe en pak dit styf onder in ‘n tert bak.
Smeer maaskaas oor die rolkoek.
Meng suurlemoensap met die kondensmelk en klits om dit te verdik.
Giet die kondensmelkmengsel oor die maaskaas.
As die stroop af gekoel is, giet dit bo-oor die tert.
Laaste pak die aarbeie bo-op om te versier.
Plaas in die yskas om goed te stol.
Resep geplaas deur Lenie Van Heerden
Foto: Lenie Van Heerden