AARBEI KOLWYNTJIES MET MALVALEKKER-VERSIERSEL
- Beslag:
- 90 g sagte botter
- ½ kop strooisuiker
- ½ teelepel aarbeigeursel
- 2 eiers
- 30 ml melk
- 1 koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 30 ml aarbeikonfyt
Room botter en suiker tot lig.
Voeg geursel, konfyt en eiers by. Klits goed.
Meng melk by.
Sif droë bestanddele en meng by eiermengsel.
Skep in kolwyntjie pannetjies en bak 20 min teen 180°C tot gaar.
Laat heeltemal af koel.
- Versiering:
- 120 g wit malvalekkers
- 1 koppie room
- 50 ml suurlemoensap
- 100 ml kondensmelk
- 60 ml versiersuiker
Smelt die malvalekkers en kondensmelk in die mikrogolf.
Roer tot goed gemeng.
Klits suurlemoensap by.
Klits room tot dik en klits versiersuiker by.
Meng room en malvalekker-mengsel goed.
Laat dit vir ‘n uur in die yskas stol.
Gebruik ‘n spuitsak en sterpunt en versier die kolwyntjies.
Sit mini malvalekkers op vir versiering.
Resep geplaas deur Adri Redlinghys
Foto: Adri Redlinghys