AARBEI KAASKOEK MET ‘N TWIST
Ek wou nog altyd n “cheesecake” maak, naar ai die resepte was vir my net te veel, te ingewikkeld, te duur, te veel werk, net Té! So bietjie gegoogel en besluit ok, ek gaan iets probeer. Dit is regtig nie so soet nie al klink dit so.
- Kors:
- 1 pakkie tenniskoekies, fyngemaak
- 100 g botter gesmelt
- Vulsel:
- 265 g gladde roomkaas (maaskaas)
- 1 blik kondensmelk
- 2 medium eiers
- 3 eetlepels suurlemoensap plus 1 teelepel suurlemoensap ekstra
- 200 ml aarbeitertvulsel of aarbeikonfyt
Meng fyn koekies en gesmelte botter saam. Druk vas in ‘n 24 cm losboompan.
Klits die roomkaas tot lig.
Voeg kondensmelk bietjie vir bietjie by en klits goed tot mooi glad.
Voeg die eiers en suurlemoensap by en klits goed.
Giet die helfte van die mengsel oor die koekiekors.
Meng die teelepel suurlemoensap by aarbeivulsel of konfyt.
Gebruik helfte van aarbeivulsel en skep lepels vol oor eerste laag van kaasmengsel.
Giet die res van die kaasmengsel oor (gebruik agterkant van lepel)
Skep die laaste vulsel bo op kaasmengsel.
Voorverhit oond tot 150°C.
Bak vir 55 minute. Laat afkoel en bedien koud.
Resep en foto: Elzetna De Bruin