AARBEI-EN SJOKOLADE MUFFINS
- 2 koppies koekmeel
- 1 eetlepel bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 1 koppie suiker of donkerbruin suiker
- 1 koppie melk
- 1 eier
- 1 eetlepel vanilla
- 4 eetlepels botter of klapperolie
- 1 of 2 koppies vars aarbeie, opgesny
- 180 g Hazelnut melk sjokolade, in stukke opgebreek
Meng die eerste vier bestanddele in ‘n mengbak.
Meng eier, melk en vanilla saam in ‘n aparte bak.
Meng die droë- en nat bestanddele saam tot net gemeng.
Sit dan die botter of klapperolie by en meng goed.
Meng die aarbeie en sjokolade by. Skep in voorbereide muffinpan.
Bak vir 18 – 20 min op 180°C.
Note:
Ek het die muscavado suiker gebruik en klapperolie vandag.
Die muffins het regtig baie lekker uitgekom.
Resep en foto: Nadia Thölix