Your Recipe Blog

7 MINUTE MIKROGOLF KOEK MET YSTERVARKIE SOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 7 min

7 MINUTE MIKROGOLF KOEK MET YSTERVARKIE SOUS

Die 7 min sjokolade koek – ek het olie met gesmelte botter en kakao met mielieblom vervang.
Ystervarkie sous oorgegooi.

  • 1 koppie strooisuiker
  • 1 koppie bruismeel
  • 1 koppie kookwater
  • 3 eetlepel mielieblom
  • knippie sout
  • 2 geklitste eiers
  • 4 eetlepel botter
  • Sous:
  • 1 koppie suiker
  • ½ koppie warmwater
  • 2 eetlepel botter
  • 70 ml kakao

Smelt botter in kookwater. Laat effe afkoel.
Sif bruismeel, strooisuiker, mielieblom en sout saam.
Roer geklitste eiers by effe afgekoelde botter water.
Meng met droë bestanddele goed, skep in gesmeerde ringpan.
Bak vir 7 min op hoog in die mikrogolf.

Meng sous bestanddele en kook vir 1 minuut, gooi oor die koek sodra dit uit die oond kom.

Nota:
Indien verkies, sny die koek met ‘n garingdraad middeldeur, skep helfte sous oor die een helfte, smeer “caramel treat” oor, plaas ander helfte bo-op, skep laaste sous oor.
Laat heeltemal afkoel en versier met styfgeklitste room – of geniet net met die warm sous oor die warm koek.

Resep en foto: Marina Nel Reid

 

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page