BESKUIT, BROOD, BROODROLLETJIES EN VETKOEKE VAN EEN BESLAG
4 PANNE BESKUIT, 2 BRODE, 20 BROODROLLETJIES EN 8 VETKOEKE
- 6.5 kg koekmeel
- 3 koppies suiker
- 750 g margarien
- 7 pakkies kitsgis (ek het pers pakkie gebruik)
- 6 teelepels sout
- 2 eetlepels wit asyn
- 2 eetlepels olie
- 2 liter melk
- ongeveer 1 liter lou warm water
Meng droë bestanddele saam, frummel margarien in meel in en voeg die kitsgis laaste in voor kniewerk begin.
Meng asyn met melk en voeg die olie by..
Begin nou te knie deur melk bietjies by te gooi en dan water.
Indien deeg nog styf is, gooi nog bietjie water by.
Deeg moet elasties wees en nie aan die skottel vasklou nie.
Smeer bo-op deeg olie, bedek met plastiek (checkers sak is voldoende), maak toe met kombers en laat rys tot dubbel die volume.
Bak op 180°C vir 45 – 60 minute eers met onderste element en laaste paar minute met beide elemente tot gebak goudbruin is.
Nota:
Broodrolletjies en brood kan gevries word.
LEKKER EET!
Resep en foto: Lenie Venter