3 MINUTE KLAPPER EN KEKKERERTJIE BROOD SONDER MEEL
- ⅓ koppie fyngemaakte kekkeretjies
- ⅓ koppie klapper
- ½ teelepel bakpoeier
- ¼ teelepel sout
- 1 eier, geklits
Meng alles behalwe die eier saam. Meng laaste die eier goed deur.
Skep die deeg in ‘n klein koppietjie en mikrogolf op hoog vir 3 minute.
Geniet saam vulsel/smeer van jou keuse.
Resep geplaas deur Lindi Erasmus
Foto: Lindi Erasmus
Wenke:
Corne Liebenberg
Jy kan bogenoemde mengsel in ‘n platter houer in die mikrogolf bak en gebruik in plek van ‘n bun vir ‘n hamburger, mens kan dit selfs rooster ook.
As jy lus is vir ‘n snack, dan maak jy die mengsel aan en smeer dit op waspapier op ‘n bakplaat, dan sprei jy dit dun uit en bak dit in die stoof se oond tot dit begin krakerig raak en strooi toelaatbare geurmiddels oor, breek dit in stukkies en gebruik dit met ‘n toelaatbare doopsous.
Beste broodjie ooit so gesond en heerlik!!baie dankie…..