3 BESTANDDELE WORTELKOEK
Maklikste wortelkoek ooit!!
- 2 koppies bruismeel
- 2 koppies gerasperde wortels
- 1 blik kondensmelk
- gekapte pekan neute, opsioneel
- fyn pynappel klein blikkie, opsioneel
- bietjie “mixed spice” en kaneel, opsioneel
Meng alles saam, skep in ‘n gesmeerde koekpan en bak teen 180°C vir 45 min.
Nota:
Vir die versiersel het ek net botter gemeng met versiersuiker en titsel suurlemoensap.
Resep en foto: Lelane van der Walt
Category:
Myne het hard uitfekom.. ni lekker ni
Hi Anet
Jammer om te hoor, maar Lelane het hom gebak soos jy op die foto kan sien en hy was heerlik volgens haar, het jy hom nie dalk te lank gebak of overmix nie? Ek wonder maar net altyd, selfs jou oond kon te warm gewees het.. laat weet asb?
Hi, is okay, a bit heavy and very carroty 🙂
Ek sal se bak totdat mes droog uitkom.wortels sal ek een koppie gebruik.pynappel insit sonder sy juice
Ag nee wat sal dit ni weer bak ni mors van geld
Jammer om te hoor, maar mens kan niks anders verwag van 3 bestanddele nie, as mens nie hierdie resep lekker opzhoozzz met speserye ens nie, sal hy regtig nie ‘n wenner wees nie. Onthou mense kry altyd uit wat jy insit, en dit is ongelukkig waar met alles kos of gebak.
Dankie vir jou terugvoer.
Het dit al ‘n paar keer gebak en was nog elke keer heerlik! Ek gebruik net die bruismeel, wortels, kondensmelk en speserye. Moenie dit te lank bak nie. My familie se gunsteling wortelkoek.