Your Recipe Blog

3 BESTANDDELE VRUGTEKOEK

Recipe by
Cook: 2 ure

3 BESTANDDELE VRUGTEKOEK

Ek het vanoggend vir die heel eerste keer in my lewe ‘n vrugtekoek gebak.
Dit is maklik en lyk heerlik.

  • 1 kg vrugtekoekmengsel
  • 1 houertjie kersies
  •  575 ml rooibostee
  • 125 ml brandewyn, opsioneel (vloeistof moet 700 ml wees)
  • 2 koppies bruismeel

Laat die vrugte oornag week in die vloeistof. Voeg die meel en ‘n knippie sout by die vrugte.
Roer alles goed deur.
Voer jou koekpannetjie met bakpapier en spuit met Spray en Cook. Gooi die mengsel in jou pannetjie.
Bak op 140ºC vir 2 ure. Toets of dit deurgaar is, anders los dit nog bietjie in jou oond.
As die koek te donker raak sit ‘n stukkie tinfoil op.
As dit gaar is haal die koek uit jou pannetjie en sprinkel met brandewyn.
Maak toe met tinfoil en sprinkel gereeld met brandewyn.
Vir ekstra geur, sny groenvye by jou vrugtemengsel. Sit gekapte neute of gesnyde dadels by.
Geur met speserye soos kaneel, gemmer en neutmuskaat.
In plaas van tee kan jy sjokolademelkies, koffie of vrugtesap gebruik.

Foto: Marina Hiscock
Resep:  Marinda Kook

4 Reviews

  1. Marinda

    Die resep met die teks kom van my blog af Die resep is beslis nie die woorde van Marina Hiscock nie. Gaan kyk op http://www.marindakook
    Maak dit reg asb
    Marinda

    • Hi Marinda, dankie dat jy laat weet het, dit is maar soos die lede die resep plaas, en dit is nie moontlik vir ons om te weet waar hulle die resepte kry nie, jammer daaroor. Ek het probeer kyk of die skakel wat jy hierbo gegee het, maar dit se site not available. Ek het jou naam by by die resep geplaas, hoop dit is reg so.

  2. Anna Stoltz

    Good day. I just want to say many thanks for all the great recipes. Most of the recipes I wanted so far was on this pages. Can you pretty please sign me up for newsletters and more recipes. Thank you again.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page