Your Recipe Blog

3 BESTANDDELE SPONSKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: Koek: 30 min. Cupcakes: 10 min

3 BESTANDDELE SPONSKOEK

Rina Kleinhans:
Hierdie 3 bestanddele koek het ons groep op die “map” gesit… ons was tot op RSG met die resep. Dis wonderlik om te sien hoe mense dit gebruik, daar is seker 250 van hierdie koeke op die groep gebak die week wat dit op RSG was. Geniet hom dit is ‘n wenner!

  • 6 eiers
  • 1 koppie suiker of strooisuiker
  • 1 koppie bruismeel
  • gerasperde skil van een lemoen (ek bygevoeg)

Skei die eiergele en witte.
Voeg helfte van die suiker by die eiergeel en klits goed.
Klop eierwit tot amper styf.
Sit die ander helfte suiker by die wit en klop goed.
Meng nou die geel en wit.
Voeg meel bietjie vir bietjie by terwyl jy meng.
Meng gerasperde skil van een lemoen by.
Gooi mengsel in koekpan en bak by 180°C vir ½ uur.

Nota:
DIE GROOT GEHEIM BY DIE KOEK IS – KLITS TOT “FLUFFY” BESLAG
Bak cupcakes net 10 minute, niks langer nie dan is hulle lekker klam en sag. Sommige mense bak cupcakes te lank dan is hulle droog.
Net 3 bestanddele, ek voeg lemoenskil by dit maak dit 4.  Jy kan die lemoenskil uitlos, ek voeg soms Amarula of chock chips of vanilla of strawberies by.

Resep oorspronklik geplaas deur Riana du Plessis
Foto en verandering na cupcakes: Peter Felix

Category:

2 Reviews

  1. celia hart

    kan dit ook in airfryer gebak word

    • Hi Celia, ek het ongelukkig nie kennis van gebak in die “air fryer” nie. Ek glo dit kan werk as jy die tyd verkort en die hitte bietjie laer maak, maar ek kan nie met sekerheid se nie. Laat weet asb as jy probeer het.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page